GEORGE NUUS - Na 'n goeie oorwinning oor die voorlopers na die vorige ronde, Blue Back Boogie, het Ricoh nou die leisels oorgeneem in die Boardware Love 4 Vintage Somerliga van die Outeniqua-rolbalklub.
Die boogie-span het nou na die agste plek teruggesak met Vorster Motors wat, na hul oorwinning oor Hereford Group George, nou die tweede plek beset. Supporters is tans derde met die ervare KTV-span in die vierde plek.
Die kompetisie het tans die halfpadmerk verbygesteek, maar die slag is nog lank nie geslaan nie.
'n Harde donderbui halfpad deur die ronde het baie van die spelers na skuiling laat skarrel, maar spel is later weer hervat op die sopnat baan.
Verskeie spanne in die kompetisie kan met 'n goeie vertoning in vanaand (Donderdag) se ronde die kaarte deurmekaar krap.
Die wedstryde, wat gratis deur belangstellendes bygewoon kan word, begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, met die gelukstrekking teen ongeveer 20:00.
Die klub berei ligte etes om die hongerpyne te stil en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Uitslae:
1 Ricoh 37; 2 Vorster Motors 33; 3 Supporters 32; 4 KTV 31; 5 Mend a Bath 30; 6 JDL Printing 29; 7 Hereford Group George 28; 8 Blue Back Boogie 27;
9 Kommaweer Stoffeerders 27; 10 Disasters 27; 11 MDL 27; 12 Bowling Stones 26; 13 Halfway Toyota 26; 14 Hot Stuff 25; 15 Total Gas 24; 16 4 Musketeers 24; 17 Shell Kraaibosch 24; 18 Boardware 21; 19 Oddballs 21; 20 Mac Dee Hops 20; 21 Just Property 20; 22 Angel's 20; 23 Bruwer Reynolds Prokureurs 19; 24 Agterste Speen 17; 25 Roux Prokureurs 17; 26 Jack's Paint and Hardware 16; 27 Pik 'n Wyn 12; 28 Miskruiers 12.
Wedstrydlys:
Agterste Speen t Bruwer Reynolds Prokureurs; Roux Prokureurs t Jacks Paint & Hardware; Pik 'n Wyn t Miskruiers; Ricoh t Vorster Motors; KTV t Supporters; JDL Printing t Mend a Bath; Blue Back Boogie t Hereford Group George; Kommaweer Stoffeerders t Disasters; MDLt Bowling Stones; Halfway Toyota t Hot Stuff; Total Gas t 4 Musketeers; Shell Kraaibosch t Boardware; Oddballs t Mac Dee Hops. Just Property t Angel's.
MDL (Martins de Lange Prokureurs) se spanlede wat in hierdie reeks ook vir die eerste keer die rolballe opgeneem het, is van links: Mario Pienaar, Dawie Badenhorst, Barry de Lange en Nicholas Mitchell. Foto's: Kobus van Wyk
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'