GEORGE ROLBALNUUS - Span Redline het seker gemaak dat hulle onoorwonne bly in die Relax Beds & Foam besigheidsliga van die Outeniqua-rolbalklub en uiteindelik met die kampioenskapstitel weggestap.
Finovo wat tweede in die liga was, het hul bes probeer in die eindstryd teen Redline, maar kon net nie die agterstand in die liga uitwis nie en het die derde plek ingeneem.
T&T, een van die nuwe inskrywings in die liga met ervare spelers, het teen Loerie Guest Lodge te staan gekom en die tweede plek ingeneem met Loerie in die vyfde plek.
Die eindstryde in die liga wat einde Maart as gevolg van die inperking nie voltooi kon word nie vanaand (Donderdag) gespeel wanneer die spelers weer met 'n steakete vergas gaan word. Die wedstryde begin om 18:00 en belangstellendes is welkom om dit gratis by die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, by te woon.
Die klub verskaf ook ligte etes en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Die laaste sosiale liga van die jaar begin op 5 November en sal weer uit spanne van vier lede bestaan. Belangstellende spanne kan nou reeds by die klub inskryf en deel wees van die gewilde liga.
Span Finovo, wat in die eindstryd teen Redline te staan gekom het, het die derde plek ingeneem. Van links is Johan Barkhuizen, Pieter-Jan Heymann en Coena van der Merwe. Heel regs Is die hoofborg, Jeandré Barnard.
Uitslae
1 Redline 66; 2 T&T 60; 3 Finovo 58; 4 KTV 58; 5 Loerie Guest Lodge 55; 6 Coastal Relax Beds & Foam 52; 7 Elbow Benders 50; 8 Carpet King 46; 9 Ricoh 46; 10 Accidental Bowlers 45; 11 Bowling Stones 42; 12 Kommaweer Stoffeerders 41; 13 Butz & Gutz 41; 14 SP Legal 40; 15 Talisman 35; 16 Just Property 33.
Redline, die kampioenspan is van links: Johan Klue, Sidney van Rensburg en Graham Ferreina.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'