SUID-KAAP NUUS - Jacques du Plooy en Junita van Zyl het by die Suid-Kaapse Jagters- en Bewaringsvereniging se veldskietkompetisie op die plaas Rietfontein in die Prins Albert-distrik in die ope afdeling vir senior skuts geseëvier.
In die junior afdeling het Leras van Zyl die eerste plek behaal met Johan Fourie wat die veterane uitgestof het.
'n Ma en seun het 'n eerste plek (Junita en Leras van Zyl) sowel as 'n derde plek (Ronel en Marco Marx) in die dames- en junior afdeling behaal.
Bay Guns het die skietkompetisie, wat uit drie ghong-bane en drie papierteiken-bane bestaan het, geborg.
Die skuts moes, onder andere, oor 'n boomstomp na die ghongs toe skiet, oor driepoot-stokke en met 'n tweepoot skiet en ook met 'n vryhand sonder enige rus.
By die prysuitdeling het Bay Guns pryse aan die drie skuts in elke afdeling oorhandig. Daar was ook die gelukstrekking.
Die uitslae was as volg:
Ope mans
1. Jacques du Plooy 2. Johan du Plooy 3. Danie Barnard.
Ope vroue
1. Junita van Zyl 2. Janine Nigrini 3. Ronel Marx.
Juniors
1. Leras van Zyl 2. Anlo Ferreira 3. Marco Marx.
Veterane
1. Johan Fourie 2. Piet van Wyk 3. Arthur Lilford.
Bosboklammetjies: 12 jaar en jonger
1. Christof Delport 2. Roux Delport 3. Izel Delport derde. Christof en Izel is broer en suster.
Benewens die ruim borgskap van Bay Guns het Joseph en Ilze Steyn, die vrywilligers wat as baanoffisiere en beamptes opgetree het en die skuts 'n groot bydrae gelewer tot die sukses van die skietkompetisie.
Besoek gerus Suid-Kaap Jagters se webtuiste by www.suidkaapjagters.co.za of stuur 'n e-pos vir navrae oor toekomstige aktiwiteite wat deur die vereniging aangebied gaan word.
Jacques du Plooy (regs) het die ope afdeling vir mans gewen. Links staan George Butler (bestuurder: skietdae van die Suid-Kaapse Jagters- en Bewaringsvereniging).
LINKS: Die wenners in die afdeling vir bosboklammetjies is van links: Roux Delport (2de), Christof Delport (1ste) en Izel Delport (3de).
REGS: George Butler wens die wenner van die vroue ope afdeling, Junita van Zyl, geluk met haar prys.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'