GEORGE NUUS - Altesame 28 spanne van verskeie klubs het verlede Saterdag aan die George-rolbalklub se jaarlikse Presidentsdag-toernooi deelgeneem.
Die toernooi is aan Stuart Marchand, President van George-rolbalklub, opgedra om sy 70ste verjaarsdag gepas te vier.
Meer as 100 rolbalspelers van George, Mosselbaai, Hartenbos, Leasure Isle en Sedgefield het deelgeneem. Onder hulle was ses voormalige presidente van die George-rolbalklub: Jenny Sinclair, tans president van Eden-rolbal, John Mundell, Johan Havenga, Allan Dissel, Jimmy Jarvis en Peter Lazenby.
Personal Trust het die dag geborg.
Mosselbaai het die toernooi gewen. Die wenspan was Brenda Burger, Pat Stockwell, Tish Hockney en Chris Hockney.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'