GEORGE NUUS - Die George-posduiwe is Saterdag bietjie verder as die vorige twee wedvlugte vanaf Victoria-Wes losgelaat en moes die sowat 290 km na hul hokke in George vlieg.
Die jongduiwe is om 07:45 losgelaat met die ervare duiwe in die opewedvlug wat om 08:45 gevolg het.
Die weer was goed en die voorste duiwe kon 'n goeie gemiddelde pas handhaaf.
Klubuitslae:
PACALTSDORP POSDUIFKLUB
Steenkamp Bandits het so uitstekend gevlieg dat hulle, behalwe die oorwinning in die wedvlug vir jongduiwe, ook verskeie ander goeie plekke in beide wedvlugte verseker het. Met hierdie vertoning sit hulle ook nou stewig in die eerste plek van die punteleer.
Gary Page het die opewedvlug oortuigend gewen en is in die tweede plek op die punteleer.
Uitslae:
Jaaroud-wedvlug:
1, 2, 5, 8 & 10 Steenkamp Bandits; 3 & 7 Gary Page; 4 BSP Hokke; 6 & 9 Manuel & Stoffels.
Opewedvlug:
1, 8 & 9 Gary Page; 2, 4, 5 & 6 Steenkamp Bandits; 3 Manuel & Stoffels; 7 BSP Hokke; 10 Clive Cock.
Punteleer:
1 Steenkamp Bandits 109; 2 Gary Page 91; 3 Manuel & Stoffels 89; 4 BSP Hokke 56; 5 Clive Kock 20.
PROTEA POSDUIFKLUB
Die duiwe het teen 'n gemiddelde spoed van 69 km/h oor die 290 km vanuit die koue binneland gevlieg.
Brand Hokke, een van die nuwe lede van die klub, het briljant gevaar deur nie net die jongduif-wedvlug te buit nie, maar verskeie goeie plekke in beide wedvlugte te behaal en daarmee ook die voortou op die punteleer in te neem. Blue Stratos, wat die opewedvlug gebuit het, is tans tweede op die punteleer.
Uitslae:
Jaaroud-wedvlug:
1, 2, 7 & 9 Brand Hokke; 3, 5 & 6 Fourie Hokke; 4 Bruce Muller; 8 & 10 Blue Stratos.
Opewedvlug:
1 & 6 Blue Stratos; 2, 4, 7, 8 & 10 Brand Hokke; 3 & 9 Bruce Muller; 5 D&S Hokke 5.
Punteleer:
1 Brand Hokke 826; 2 Blue Stratos 568; 3 Bruce Muller 534; 4 Fourie Hokke 392; 5 Jeff & Marlene Lofts 238; 6 D&S Hokke 232.
OUTENIQUA POSDUIFKLUB
Ronnie Stevens en Ben McLaughlin het onderskeidelik die jongduif- en ope-wedvlugte gewen, maar dit was Francois Marais wat baie punte met goeie plekke ingeryg het en tans 'n handige voorsprong op die punteleer geniet.
Van Wyk Lofts is tans tweede met J&L Lofts in die derde plek op die punteleer.
Die wenduif in die jaaroud-wedvlug was om 11:50:30 tuis terwyl die voorste duif in die ope-wedvlug om 12:30:58 geklok is.
Die 11 deelnemende duiweboere het onderskeidelik 100 en 98 duiwe vir die jongduif- en ope-wedvlug gemandjie.
Uitslae:
Jaaroud-wedvlug:
1 Ronnie Stevens; 2, 3 & 10 J&L Lofts; 4, 6, 7 & 8 Francois Marais; 5 Flip du Toit; 9 Van Wyk Lofts.
Opewedvlug:
1 B McLaughlin; 2, 4 & 6 Van Wyk Lofts; 3 & 10 Francois Marais; 5 Stefan May; 7 J&L Lofts; 8 & 9 Frana's Lofts.
Punteleer:
1 Francois Marais 251; 2 Van Wyk Lofts 206; 3 J&L Lofts 180; 4 Ronnie Stevens 160; 5 Stefan May 117; 6 Flip du Toit 111; 7 Frana's Lofts 81; 8 Van Wyk Lofts B 80; 9 B McLaughlin 46; 10 Deon & Tina Boshoff 15; 11 JF Janse Van Rensburg 9; 12 J Gericke 4.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'