GEORGE NUUS - Drie plaaslike bergfietsryers het verlede Saterdag by die Suid-Afrikaanse marathon-bergfietskampioenskappe in Grabouw alles behalwe remme aangeslaan.
Trouens, al drie het behoorlik stof in die oë van hul teenstanders gery en met drie toptitels teruggekeer.
Tristan Nortje, 'n gr. 11- leerder van Hoërskool Outeniqua, is gekroon as die nuwe Suid-Afrikaanse junior marathon-bergfietsryer nadat hy skoonskip gemaak het in sy afdeling.
Die alombeminde Gert Heyns het die Elite-manstitel gebuit en Robyn de Groot die Elite-vrouetitel.
Die drie plaaslike bergfietsryers wat met die toptitels weggery het by die Suid-Afrikaanse marathon-bergfietskampioenskappe. Van links: Gert Heyns, Tristan Nortje en Robyn de Groot.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'