TUINROETE ROLBALNUUS - Die span van die borge, Personal Trust, het vanjaar met die titel weggestap tydens die Groot-Brak-rolbalklub se gewilde Presidentsdag. 'n Span van Oudtshoorn-rolbalklub was die naaswenners met 'n span van Outeniqua-rolbalklub wat die derde plek ingeneem het.
Die wenspan se lede was Johan Pretorius, Elmarie Vosloo, Michael McCarthy en Gerrie van Rensburg.
Oudtshoorn se spanlede was Ben du Preez, Mia Steyn, Peter van der Laan en Jan van Niekerk.
Outeniqua-rolbalklub se span is verteenwoordig deur Sandra Axsel, Faan van der Merwe, Daphne Faber en Mariette Young. Altesaam 22 spanne het vanjaar ingeskryf van klubs soos Vista, Hartenbos, Leisure Isle, Oudtshoorn, Outeniqua en die span van Personal Trust wat ook die hoofborge was.
Die toernooi is in koel weer gespeel met buie wat heeltyd gedreig het om uit te sak. Die spanne het hulle nie deur die weer laat afskrik nie en deurgaans op die spel gekonsentreer.
Die naaswenners wat hier saam met Prof Stadler (tweede van links) verskyn is Ben du Preez, Mia Steyn, Peter van der Laan en Jan van Niekerk (agter).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'