GEORGE NUUS - Die gewilde Palm Tyres-padwedlope word weer Saterdagoggend in samewerking met Rainbow-atletiekklub aangebied.
Atlete kan aan óf die 5 km óf die 10 km-wedloop deelneem. Albei wedlope begin om 08:00 by Palm Tyres in Courtenaystraat.
Vir die 10 km kos dit R55 per atleet en die 5 km is dit R30 om deel te neem. Stappers sowel as gestremde atlete is welkom om deel te neem.
Voorafinskrywings sluit op Donderdag 20 Junie om 17:00 by Palm Tyres en Top Gear Sport. Laatinskrywings kan nog op Vrydag 21 Junie van 17:00 - 20:00 by Palm Tyres gedoen word en ook op Saterdag 22 Junie van 06:00 - 07:30.
Atlete wat die 10 km binne die afsnytyd voltooi, sal almal medaljes ontvang.
Daar is ook prysgeld vir die wenners op die spel en 'n gelukstrekking vir alle deelnemende atlete.
Die prysuitdeling is om 09:45 by Palm Tyres.
Palm Tyres se gewilde padwedlope oor 5 km en 10 km word weer Saterdag om 08:00 in samewerking met Rainbow-atletiekklub aangebied. By die bekendstelling was, van links: Marc Wierzba (Palm Tyres), Sidwell Oktober (Rainbow), PJ Botha (Palm Tyres), Sean Evans (Palm Tyres), Elmo Botha (Rainbow) en Paul Rudolph (Palm Tyres). Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'