GEORGE NUUS - Op Saterdag 25 Junie lei alle paaie na Palm Tyres in Courtneystraat waar Rainbow-atletiekklub gasheer sal speel vir die jaarlikse Palm Tyres 5 km- en 10 km-wedlope.
Hierdie prestige wedlope sal vir die 24ste jaar aangebied word. Alle verwagtings is dat van die topatlete binne die SWD, asook buite die provinsie mekaar die stryd sal aansê.
Die aanduidings is dat goeie tye in beide die wedlope verwag kan word. Die voorste 10 km-atlete is tans in topvorm.
Aangesien die 10 km op redelike gelyk terrein sal plaasvind is die voorspelling dat die topmansatleet die 10 km kan voltooi in 29 minute 30 sekondes of moontlik vinniger.
Daar word in die omgewing van 400 inskrywings verwag vir beide die wedlope.
Wedloopinligting:
Die wedloop sal Saterdagoggend om 08:00 voor Palm Tyres op die hoek van Courtney- en Symonsstraat begin, waar dit ook sal eindig. Aanlyn inskrywings sluit op Woensdag 22 Junie om 12:00. Handaflewerings vir inskrywings kan tot 17:00 op Woensdag ingehandig word by Top Gear in Hiberniastraat en by Palm Tyres.
Laat inskrywings kan gedoen word op Vrydag 24 Junie tussen 18:00 en 20:00 by Palm Tyres.
Die inskrywingsgeld is R30 vir die 5 km en R75 vir die 10 km.
Atlete wat tydelik deelneem moet 'n ekstra R40 betaal vir 'n tydelike lisensie. Geen inskrywings sal op die dag van die wedloop aanvaar word nie. Prysgeld sal gegee word vir die wenners in die verskillende kategorieë.
Gelukstrekkings sal ook gedoen word, waarvolgens pryse uitgeloof sal word.
Stappers en rolstoelatlete is welkom om aan die wedloop deel te neem. Medaljes sal oorhandig word aan alle atlete wat wedloop binne die afsnytyd voltooi.
Vir verdere inligting en navrae kontak Sidwell Oktober by 071 995 5346.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'