GEORGE SPORT - Die nuutgestigte Pacaltsdorp-dominoklub, wat by die Pacaltsdorp-sportraad geaffilieer is, het onlangs sy eerste dominotoernooi suksesvol aangebied.
Klubs van regoor die Eden-distrik, waaronder Riversdal, Mosselbaai en Groot-Brakrivier, het saam met die gasheerklub op die Pacaltsdorp-sportterrein (Graveyard) meegeding.
Die groot belangstelling wys volgens die organiseerders op die groeiende gewildheid van domino as sport.
Voorsitter Edwin Twigg sê die klub beplan om voor die einde van die jaar nog toernooie aan te bied, met nóg meer spanne wat na verwagting sal deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’