Die nuwelinge het veral besonder goed gepresteer met Francois Campher wat 'n silwermedalje in die mansafdeling verower het. Die o.11-groep, met die interessante naam 'Pupi's,' het vir die eerste keer met elek-triese wapens geSkerm.
Die uitslae is:
Pupi Mens' Foil: Goue medalje - Dürr Koen (10jr); Silwer - Hugo Koen (8jr); Brons - Kevin Schoombee (9jr).
Minims Mens' Epeé: Goud - Johann van Tonder, Silwer - Francois Campher, 1ste Brons - Dandré de Jong, 2de Brons - Bernard Bath.
Cadet Mens' Epeé: Goud - Louis Marais, Silwer - Johann van Tonder, Brons - Juan Barnard.
Senior Mens' Epeé; Goud - Lars Olën, Silwer - Francois Campher en Juan Barnard.
Tydens die Wes-Kaapse ranglyskompetisie waar SWD, WP en Boland mekaar die stryd aangesê het, het die Outeniqua-klub verreweg met die meeste medaljes weggestap. Lars Olën het twee goue medaljes verwerf, Susan Agrella vier goud, Louis Marais een goud en een brons, Francois Campher 1 een goud en Johann van Tonder een silwer en een brons.
Tydens die pas afgelope SA Senior kampioenskappe het Susan Agrella twee silwer- en een bronsmedalje verwerf.
Lede van Outeniqua Skermklub wat medaljes losgeskerm het. Agter van links: Juan Barnard (brons), Louis Marais (goud) en Lars Olën (goud). Voor: Francois Campher (silwer), Johann van Tonder (goud), Dandré de Jong (1'e brons).