GEORGE ROLBALNUUS - Outeniqua-rolbalklub se vierspel-kampioene is na spel oor 'n paar weke afgehandel. Die reeks het kompeterende rolbal opgelewer met klubmaats wat mekaar genadeloos opgekeil het.
Die manskampioene is die span van Greg Young wat uit Francois Lamprecht, Das Barnard en Alhan van der Merwe bestaan het.
Thinus Oelofse se span was die naaswenners. Sy spanlede was Nico Oelofse, Attie Nortjé en Jens Seeberger. Jemima Nortjé se span is as dameskampioene gekroon. Haar spanlede was Loureth Otto, Lyla Young en Nan Roos.
Die dames naaswenners was die span van Susan Meyer bestaande uit Mae Flanagan, Marlebe Coetzer en Judy Swart.
Greg Young (regs) se span wat die goue medalje gewen het. Die spanlede is van links: Alhan van der Merwe, Francois Lamprecht en Das Barnard.
Jemima Nortjé (links) se span wat die kampioenskap gebuit het is van links: Loureth Otto, Nan Roos en Lyla Young.
Susan Meyer (links) se span was die naaswenners van die vroue vierspel. Haarspanlede is van links Mae Flanagan, Marlene Coertze en Judy Swart.:
Thinus Oelofse (tweede van regs) se span wat die naaswenners was en silwer verseker het. Sy spanlede is van links: Jens Seeberger, Attie Nortjé en Nico Oelofse.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'