Gallery
GEORGE ROLBALNUUS - In 'n baie kompeterende toernooi het die topspelers van Eden-rolbal sake by die George-rolbalklub uitgespook in die jaarlikse Eden-meesterskampioenskap.
Die voorste spelers van oor die hele streek het vir die toernooi ingeskryf wat gesorg het dat rolbal van die hoogste standaard gespeel is.
Outeniqua-rolbalklub het die beste onder die klubs gevaar met twee goud, 'n silwer- en 'n bronsmedalje.
Billy Radloff het mans goud gebuit met Judy Swart wat goud in die dames senior-kompetisie gewen het. Mime Nortje het silwer in die vrouetoernooi gebuit met Susan Meyer wat met die bronsmedalje weggestap het.
Uitslae:
- Mans: 1 Billy Radloff, 2 Piet Robbertse, 3 Dirk Breedt.
- Dames: 1 Alrene Bosse, 2 Mime Nortje, 3 Susan Meyer.
- Senior mans: 1 Kobus Kriel, 2 Johan Snyman, 3 Hannes Bruwer.
- Senior dames: 1 Judy Swart, 2 Wendy Murray, 3 Christel Barlow.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'