SPORT NUUS - Die Outeniqua-hengelklub van George het die 2025/2026-hengelseisoen op ’n hoogtepunt afgesluit. Hul A- en B-spanne het goud by die Eden-streekkompetisie verwerf, terwyl die C-span met silwer weggestap het.
Die klub het ook erkenning ontvang as die span wat die meeste vis vrygelaat het, die span wat die meeste Gigas gewen het, en as wenners van die Fishing for Africa Knock-out-trofee. Jean van Schalkwyk van die Outeniqua A-span het dié klub se Knock-out-trofee verower.
Verskeie klublede het individueel uitgeblink:
Hendrico Lesch - Eden-sportpersoon van die jaar; tweede in die Top 12 algeheel.
Dirk Snyman - Eerste vir meeste eetvis, meeste nie-eetbare vis en meeste vis gevang gedurende die somerliga; meeste eetvis vrygelaat; derde in die Top 12 algeheel.
André McDonald - Kleinste vis van die jaar; derde in Hooked for Parent and Child.
Henry Botha - 11de in die Top 12 algeheel.
Thys Bester - Sesde in die Top 12 algeheel; derde vir meeste vis gevang gedurende die somerliga.
Waldo Dresselhaus - Eerste in die Top o.21.
Kayden Combrink - Eerste in die Top o.16.
Monique Lesch - Topgeplaaste dame oor twee jaar; meeste vis onder dames gevang; eerste in die damesafdeling.
Jaco Olivier - o.16-hengelaar van die jaar; derde in die Top o.16; SA-rekord vir ’n swartmosselkraker (FL 61 cm).
Brett Wiehahn - Grootste nie-eetbare vis; SA-rekord vir ’n Atlantiese bonito (FL 66 cm); derde in die Meesters Top 10.
Ettiéne Burger - 12de in die Top 12 algeheel.
André Burger - Sesde in die Meesters Top 10.
Dana Verster - Derde in die Groot Meesters Top 10.
Albert van Rooyen - Agtste in die Groot Meesters Top 10.
Dolf Syvertsen - Negende in die Groot Meesters Top 10.
Nico Lesch - 10de in die Groot Meesters Top 10.
Nicholas McDonald - Vyfde in die Top o.16.
Connor McDonald - Sewende in die Top o.16.
Die pryswenners, van links, agter: Hendrico Lesch, Dirk Snyman, André McDonald, Henry Botha en Thys Bester. Voor: Waldo Dresselhaus, Kayden Combrink, Monique Lesch en Jaco Olivier.
Die A- en B-spanne het goud verwerf en die C-span silwer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’