GEORGE SPORT NUUS - Twee oudleerlinge van Hoërskool Outeniqua, wat aan die Olimpiese Spele deelneem, Bianca Buitendag (27) en Jo-Ane van Dyk (23), is kamermaats by die sportskouspel wat amptelik vandag begin.
Buitendag was 'n gr. 12-leerling in 2011 by die skool en neem aan branderplankry deel en Van Dyk het in 2015 gr. 12 voltooi. Sy neem aan spiesgooi deel.
Buitendag het verlede Vrydag na Japan vertrek en Saterdag in die land aangekom.
Van Dyk het Dinsdag 20 Julie vertrek en Woensdag daar aangekom.
Sy het vanoggend by navraag laat weet dat sy veilig is en dat dit goed gaan. Sy is opgewonde oor haar deelname aan die Olimpiese Spele.
Twee oudleerlinge van Hoërskool Outeniqua, wat aan die Olimpiese Spele deelneem, Bianca Buitendag (27) en Jo-Ane van Dyk (23), is kamermaats by die sportskouspel wat amptelik vandag begin.
Die uitdunrondes vir die vrouespiesgooi is op 3 Augustus en op 6 Augustus vind die eindronde plaas.
Elroy Gelant (34), nog ‘n oudleerling van die skool vertrek op 27 Julie na Japan. Hy gaan aan die maraton deelneem.
Bianca Buitendag, branderplankkampioen en 'n inwoner van Victoriabaai in aksie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'