GEORGE NUUS - Laerskool Blanco in samewerking met Chain Gang Events bied op Vrydag en Saterdag, 9 en 10 Februarie, weereens die gewilde jaarlikse Oubos MTB-marathon aan.
In die gees van Valentynsmaand, is die tema vanjaar 'You make my heart glow' en deelnemers en ondersteuners word genooi om ietsie rooi aan te trek. Daar sal pryse wees vir die mees oorspronklike of besgeklede persone.
Die geleentheid skop Vrydag af met 'n gesinstap/draf oor 5 km. Dit begin om 18:00 en die inskryfwingsfooi is R20 per persoon.
Fietsryers kan inskryf vir een van drie verskillende wedrenne wat Saterdagoggend plaasvind. Die 50 km se wegspring is om 07:05, 25 km om 07:10 en 10 km om 07:15.
Die inskrywingsfooie is R450 vir die 50 km-wedren (R350 vir aanlyninskrywings), R350 vir die 25 km (R250 aanlyn) en R120 vir die 10 km (R80 aanlyn).
'n Gratis geskenksakkie word uitgegeee met die eerste 150 aanlyninskrywings.
Vir ryers wat nie 'n geldige CSA-lisensie het nie, is 'n R50-daglisensie vir die 25 km- en 50 km-wedrenne verpligtend. E-bikes is welkom maar sal nie vir pryse in aanmerking kom nie.
Aanlyninskrywings vir fietsry sluit Woensdag 7 Februarie om 18:00.
Fisiese fietsinskrywings vind plaas op Saterdag 10 Februarie van 05:30 tot 06:45.
Pryse
Daar is kontantpryse vir die eerste drie plekke in elke fietsryafdeling. Medaljes word aan die eerste 100 deelnemers wat elke fietsafstand voltooi, oorhandig.
Die prysuitdeling begin om 12:00 by die skool waartydens daar ook geskenkbewse tydens gelukstrekkings uitgedeel sal word.
Die MTB Oubos MTB-marathon is 'n heerlike gesinsdag en lok elke jaar oud en jonk.
Daar sal kosstalletjies, gaskunstenaars, 'n springkasteel, gesigverf en vele meer wees om by te dra tot die pret.
Vir meer inligting, kontak Juan Botes by 071 678 7147 of juan@chaingangevents.co.za.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’