FIETSRYNUUS - Fietsryers word daaraan herinner dat aanlyninskrywings vir die jaarlikse Oubos MTB-marathon vandag, Woensdag 7 Februarie, om 18:00 sluit.
Daar is egter geleentheid vir laat inskrywings Vrydag 9 Februarie tussen 16:00 en 18:00 by Laerskool Blanco.
Die marathon word Saterdag 10 Februarie in gehou met die wegspring by die skool. Inskrywings kan ook Saterdag van 05:30 tot 06:45 gedoen word.
Vrydagaand om 18:00 word 'n gesinstap/draf oor 5 km by die skool gehou. Dit kos R20 per persoon om in te skryf.
Hierdiegewilde geldinsamelingsgeleentheid van Laerskool Blanco word aangebied in samewerking met Chain Gang Events en is 'n dag van aktiwiteit en heerlike vermaak vir oud en jonk.
Fietsryers kan inskryf vir een van drie verskillende wedrenne. Die 50 km se wegspring is om 07:05, 25 km om 07:10 en 10 km om 07:15.
Die inskrywingsfooie is R450 vir die 50 km-wedren (R350 vir aanlyninskrywings), R350 vir die 25 km (R250 aanlyn) en R120 vir die 10 km (R80 aanlyn).
'n Gratis geskenksakkies word uitgegee met die eerste 150 aanlyninskrywings.
Vir ryers wat nie 'n geldige CSA-lisensie het nie, is 'n R50-daglisensie vir die 25 km- en 50 km-wedrenne verpligtend.
E-fietse is welkom maar sal nie vir pryse in aanmerking kom nie.
Fietsryers en ondersteuners word genooi om ietsie rooi aan te trek met die tema vanjaar 'You make my heart glow'. Daar sal pryse wees vir die mees oorspronklike of besgeklede persone.
Daar is kontantpryse vir die eerste drie plekke in elke fietsryafdeling. Medaljes word aan die eerste 100 deelnemers wat elke fietsafstand voltooi, oorhandig.
Die prysuitdeling begin om 12:00 by die skool waartydens daar ook geskenkbewse tydens gelukstrekkings uitgedeel sal word.
Kosstalletjies, gaskunstenaars, 'n springkasteel, gesigverf en vele meer gaan bydra tot die pret.
Vir meer inligting, kontak Juan Botes by 071 678 7147 of juan@chaingangevents.co.za.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’