GEORGE NUUS - 'n Vars mistigheid het sowat 30 duathlon-atlete verlede Sondag 21 April in Groot-Brakrivier met hul wegspring gegroet.
Oggende is deesdae donkerder en varser as in die somer, maar die atlete se glimglagte is 'n bewys van hul passie vir die sport. Vroeg opstaan was die moeite werd.
Eers begin 'n hardloop-item, dan fietsry, en laastens weer hardloop.
Junior-atlete neem aan korter afstande deel, en die meer gesoute atlete pak die langer afstande aan.
Die standaardafstand van 10km/40km/5km het nie plaasgevind nie, weens 'n tekort aan atlete wat daaraan wou deelneem.
Nina Cloete draf lekker gemaklik in die oggendmis. Foto: Deidre Cloete
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’