GEORGE NUUS - Michelle Groves, 'n gr.12-leerder van Hoërskool Outeniqua en tans die Kwaggas se 1ste netbalspansenter, is op pad na Australië.
Michelle verteenwoordig die o.18 SA netbalspan.
Die span het verlede Vrydag, 25 Mei, vertrek en keer op 2 Junie terug. Michelle Groves inspireer die spelers rondom haar met haar uitstekende uithouvermoë. Haar geloof, toewyding en bereidwilligheid om te leer is wat haar 'n goeie rolmodel maak.
Sy is altyd bereid om die ekstra myl te stap en is 'n formidabele speler op die baan.
Die Kwaggas wens vir Michelle alle sterkte toe vir die toer en weet dat sy 'n goeie ambassadeur vir Hoërskool Outeniqua sal wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'