Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George Herald Run with the Stars-padwedlope het Vrydagaand in 'n feestelike atmosfeer by die Glenwood House plaasgevind.
Die wedlope, wat deur die George Herald in samewerking met Oakhurst Insurance Eden Xperience geborg is, is deur Nedbank SWD-atletiekklub aangebied.
Die 10 km-wedloop vir ope-mans is deur Donovan Jantjies gewen.
Marelise Retief (37:29) van Boxer-atletiekklub was die eerste vrou oor die wenstreep.
Kyk 'n video hieronder.
Kategoriewenners 10 km:
Ope-mans:
1. Donovan Jantjies (31:57), 2. John April (32:19), 3. Godwin Heyns (33:08), almal van Nedbank SWD.
Veterane:
1. Wouter Frazenburg (34:30), 2. Mxolisi Fana (35:14), beide van Outeniqua Harriers.
Meesters:
1. Selwyn Losper, Mosselbaai-atletiekklub (36:31), 2. Anton Chevalier, Nedbank SWD (38:51).
Grootmeesters:
1. Patrick Rawlins, Outeniqua Harriers (42:29), 2. Rob de Reuck, Cape Multi Sport (42:47).
Juniors:
1. Godwin Heyns, Nedbank SWD (33:08), 2. Christiaan Lingerveld, Nedbank SWD (34:27).
Stappers:
1. Antonio Farmer (50:28), 2. Maxwell Brown (59:11), beide Nedbank SWD.
Ope-vroue:
1. Marelise Retief, Boxer-atletiekklub, (37:29), 2. Melissa van Rensburg (38:43), 3. Cecilia Nel (39:18), beide Nedbank SWD.
Veterane:
1. Lisl Grobler, Knysna-marathonklub (42:39), 2. Johanna Claassen, Nedbank SWD (48:20).
Meester:
1. Annatjie Botes (42:47), 2. Cia Herholdt (48:20), beide Ndbank SWD.
Grootmeester:
1. Mariet Horn, Knysna-marathonklub (58:50), 2. Sandra Du Toit, Nedbank SWD (1:01.42).
Groot-grootmeester:
Anna-Mari van Eck, Nedbank SWD (1:13.10).
Juniors:
1. Candice van Biljoen, (45:02), 2. Lo-Anne Lourens (45:41) beide Nedbank SWD.
Stappers:
Nolene van Rensburg, Nedbank SWD (59:22), 2. Ita Stiglingh, Sedgefield Striders (1:09.18).
'n Gawe groep atlete het Vrydagaand opgedaag om aan die George Herald "Run with the Stars"-padwedlope by Glenwood House deel te neem. Foto's: Wessel van Heerden
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'