GEORGE NUUS - Die Outeniqua-luggeweerklub het verlede naweek in Port Elizabeth aan die 'Hunter Field Target' se nasionale kampioenskappe deelgeneem en goed van hulself rekenskap gegee.
In die afdeling vir juniors het die dogters skoonskip gemaak terwyl Michele Botha die topvrou by die beenkoms was.
Só het Outeniqua se skuts geëindig
- Juniors: 1ste Marissa de Jager (125), 2de Ro-byn-Lee Stewart (120), 3de Johanelle Kotze (114).
- Vroue: 1ste Michele Botha (132).
- Open Recoil: 5de Elvin Stewart (107).
- Open PCP: 3de Martél Jacobs (139), 4de Bennie Botha (138), 6de Peter Robinson (133), 7de Jacobus Blignaut (132), 8ste Ulrich de Jager (131), 10de Walter van der Merwe (130), 12de Thys Swartz (122), 13de Ruan Stewart (120), 14de Johan Kotze (118).
Vir meer inligting oor die sport en klub bel Ulrich de Jager by 084 666 3204 of Walter van der Merwe by 084 580 0405.
Die Outeniqua-luggeweerklub wat in Port Elizabeth by die 'Hunter Field Target' se nasionale kampioenskappe puik vertoon het.
Marissa de Jager het die afdeling vir junior dogters ingepalm.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'