SUID-KAAP NUUS - Ricardi Matthee (16), 'n graad 11-leerder van Curro Mosselbaai, het aan die National Blind Judo Championships in Germiston deelgeneem.
Hy verwerf die goue medalje in sy gewigsafdeling.
Op 21 en 22 Maart het hy aan die South African Sports Association for the Physically Disabled (SASAPD) nasionale atletiekkampioenskap, ook in Germiston, deelgeneem.
Hy presteer goed en wen beide die 100m en 200m goud en stel sodoende nuwe SA-rekords op die 100m asook die 200m vir seuns o/17 T12.
Die T12-kategorie is vir siggestremde atlete. Hierdie atlete het beperkte sig en die vermoë om die vorm van 'n hand op 'n afstand van 2m te kan sien. Verder is hulle vermoë om duidelik te kan sien nie meer as 2/60 nie.
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser.
Ricardi Matthee
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'