Die punteverskil is so klein dat enige van die top ses spanne, Meyerkon, The Butcher Boys, Spoeg en Spartel, South Cape Auto, Shabby 2 Chic en Kirsten & Telleken Vervoer, as die kampioene uit die stryd kan tree.
The Butcher Boys is die heersende kampioene en sal nie maklik van hul troontjie gestoot word nie, maar daar wag 'n verrassing op hulle.
Die wedstryde begin om 18:00 en spys en drank is ook beskikbaar.
Die klub hou weer 'n steak-braai na afloop van die toernooi om sodoende die jaar en die rolbal op 'n gesellige noot te eindig. Die koste van 'n steak-ete beloop R65 per persoon vir 'n rump steak en bykos.
Die Suid-Kaap mans en dames halfeind-ronde en eindronde in die enkels word Saterdagoggend by Outeniqua-rolbalklub gespeel en toegang is gratis vir belangstellende toeskouers.
Na die voorlaaste ronde is die ligapunte: 1 Meyerkon (55), 2 The Butcher Boys (54), 3 Spoeg en Spartel (52), 4 South Cape Auto (50), 5 Shabby 2 Chic (48), 6 KTV (47), 7 Kloppers (46), 8 Mix Grillerz (44), 9 Rooirivierrif-sportklub (43), 10 Brandhouse (43), 11 Mend a Bath (43), 12 Secunda Sales (43), 13 Magic Moppers (42), 14 Skubbe (41), 15 Transporters (41), 16 Giants (40), 17 Aces High (38), 18 Deciballers (37), 19 Finovo (36), 20 Eden Wealth (36), 21 Bobbejane (36), 22 The Incredibowls (34), 23 Terry's Auto (33), 24 Absalute Rollers (33), 25 E-Lemon-Aters (29), 26 Red Flag 4 (29), 27 Tyres & Treads (26), 28 Bellas (21).
Hanlui Meyer, leier van Meyerkon se span wat tans voor is in die kampioenskap.
Die Bobejane se leier, Judy Swart.
Brandhouse se nr 3, David Jones.