GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se fietsryspan het 'n jaar vol uitstekende prestasies by die Hilltop Boutique Hotel gevier. Hulle was by verre die beste span in die Suid-Kaap en het die streek goed op nasionale vlak verteenwoordig.
Van die vier byeenkomste in die Suid-Kaap bergfietsskoleliga het hulle al vier gewen. Die Kwaggas het ook die algehele spantrofee vir die meeste punte in die liga gewen.
Dan is die volgende fietsryers het die Suid-Kaap en die Kwaggas by die SA skole-eindstryd wat in September in Wagpos gehou is te verteenwoordig: Mianette Theron (o. 17), Hannie Vreken (o. 16), Anje van Niekerk (o. 16), Linke Oosthuizen (o. 16), Katinka Barnard (o. 16), Malaika North (o. 15), Rachelle Botha (o. 15), Jonathan Booysen (o. 15), Juan Nagel (o. 14), Pierre Fourie (o. 14), Milan Jansen (o. 14) en Ella Barnard (o. 14).
By die eindstryd is die Kwaggas se meisiespan as die topspan gekies.
Toptien-ryers
Die Kwagga-fietsryers wat die toptien gehaal het is: Mianette Theron (8ste), Hannie Vreken (3de), Anje van Niekerk (6de), Katinka Barnard (9de) en Ella Barnard (3de).
"Dit was 'n baie goeie jaar vir ons en ek is baie trots op elkeen wat deel is van die span. Hulle het hard gewerk deur die jaar en uitstekend presteer. Dan ook baie dankie aan ons borge sonder wie die nie moontlik sou wees nie," sê Charissa van Dyk, hoof van bergfietsry by die Kwaggas.
Borge vir die jaar was Tyremart, Teniqua Marine, Titan Helicopters, Kwagga Trust, Arrie Nel Apteek, Hilltop Boutique Hotel, RAW Projects en Safari.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’