GEORGE NUUS - Lus om bietjie litte los te maak en te hardloop? Dan moet jy Vrydagaand, 15 September, aantree vir die 1ste Kwagga 100-padwedloop.
Dit bestaan uit 'n 10 km en 5 km-pretloop en vind plaas by die sportterrein van Hoërskool Outeniqua om 18:00.
Die 10 km is ook die ASWD 10 km-kampioenskappe.
Die wedloop word geborg deur Top Gear sport in samewerking met Hoërskool Outeniqua en ASWD.
Inskrywings kan gemaak word by Top Gear tot Vrydag 12:00. Vir meer besonderhede kontak Esrie Loock by 044 874 4156.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’