GEORGE ROLBALNUUS - Met ses ligapunte voor hul naaste teenstander lek Butz & Gutz nou hul lippe af vir die kampioenskapstitel in die Somerliga vir besigheidsrolbalspanne van die Outeniqua-rolbalklub, maar Carpet King en spanlede glo hulle kan vanaand (Donderdag) met 'n groot poging die voorsprong in die vierde been van die reeks oorneem.
Butz & Gutz het hul goeie posisie te danke aan 'n uitstekende oorwinning oor Mac Dee Hops wat van die tweede plek na die 11de gesak het.
Carpet King het op hulle beurt weer vir Kommaweer Stoffeerders afgestof en was baie tevrede met hul goeie vertoning wat klaarblyklik te danke is aan spanlid Melanie Jordaan se towerballe.
Accidental Bowlers, wat met 34 punte die derde plek ingeneem het, en Ricoh (32) wat die vierde plek beklee, glo almal hulle staan ook nog 'n kans in die oorblywende drie rondes van die kompetisie.
Die wedstryde skop om 18:00 af op die bane van Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, en alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon. Ligte verversings en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Carpet King se spanlede glo hulle kan met 'n groot poging Butz & Gutz van hul stroontjie stoot veral as hulle geheime wapen, Melanie Jordaan (links agter) op dreef is. Die ander spanlede wat hier met twee ondersteuners, Dylan Jordaan en Payton Jordaan (tweede en derde van links agter) is van links: Francois Jordaan en Johan van Aswegen. Voor: Ami van Aswegen en Colin Bradfield.
Uitslae:
1 Butz & Gutz 40; 2 Carpet King 34; 3 Accidental Bowlers 34; 4 Ricoh 32; 5 Just Property 30; 6 KTV 29; 7 Vor Jacks 28; 8 Talisman 28; 9 Incredibles 27; 10 Kommaweer Stoffeerders 26; 11 Mac Dee Hops 26; 12 Eden Bouprojekte 26; 13 Meyerkon Konstruksie 25; 14 Boksombende 25; 15 Coastal Relax 24; 16 Bowling Stones 23; 17 Tavcor 22; 18 Ricoh Sales 21; 19 Bowlistics 21; 20 Finovo 20; 21 SPW 20; 22 Tyres & Treads 20; 23 Diva's 19; 24 18 SP Legal 18; 25 Elbow Benders 16; 26 BBE Bolle Rollers 14; 27 Top Plan Bouers 12; 28 4 Musketeers 12.
Wedstrydlys:
Butz & Gutz t Carpet King; Accidental Bowlers t Ricoh; Just Property t KTV; Vor Jacks t Incredibles; Talisman t Kommaweer Stofeerders; Mac Dee Hops t Eden Bouprojekte; Meyerkon Konstruksie t Coastal Relax; Boksombende t Bowling Stones; Tavcor t Ricoh Sales; Bowlistics t Finovo; SPW t Diva's; Tyres & Treads t SP Legal; Elbow Benders t BBE Bolle Rollers; Top Plan Bouers t 4 Musketeers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'