Hy was die algehele wenner in die SWD-kampioenskap in die ontwikkelingsklas en het nog vier ander toekennings, wenner van die Oudtshoorn klubkampioenskappe Ontwikkelingsklas, wenner van die SWD Ontwikkelingsklas en derde in die 1660 Oudtshoorn Klubkampioenskappe.
Die derde plek in die 1660-klas het hy verseker na net drie wedrenne in hierdie afdeling.
Julian van Rensburg het sy SWD-kleure ontvang vir punte behaal in ovaalbaanrenne. Op die foto (van links) Burger van der Westhuizen gr. 9-leerder van Langenhoven Gimnasium, Julian van Rensburg gr. 11-leerder van Glenwood House en Christopher Burich. Die ander twee jaers het ook hul provinsiale kleure ontvang.