GEORGE ROLBALNUUS - Die houte het lustig geklap in Outeniqua-rolbalklub se parekampioenskap wat by tye puik rolbal onder baie kompeterende omstandighede opgedis het.
Die deelnemers wat 'n goeie mengelmoes van jeug en ervaring was, het almal hul beste balle probeer rol.
Die aantal inskrywings en die standaard van rolbal wat opgedis is, is 'n bewys dat die klub se rolbal kerngesond is met verskeie jonger spelers wat hard aan die deur klop.
Die mansparekampioene is Tiaan Tredoux en Marius Roberts met John Dampier en Lourens Roos die naaswenners. Attie en Jaco Nortjé was derde.
Jamima Nortje en Lyla Young is die damesparekampioene met Rita Louw en Petro Scheepers in die tweede plek. Die derde plek is deur Eliana Hattingh en Flanagan ingeneem.
Eliana Hattingh en Mae Flanagan.
Kampioene Jemima Nortje en Lyla Young.
Naaswenners Rita Louw en Petro Scheepers.
Klubkampioene Tiaan Tredoux en Marius Roberts.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'