GEORGE NUUS - In die eerste ronde van die Boardware Love 4 Vintage Somerliga vir besigheidspanne by die Outeniqua-rolbalklub het Hot Stuff die baan tot so 'n mate aan die brand gerol dat hulle die eerste voorloper in die liga geword het.
Maar hierdie is maar nog net die eerste reeks wedstryde en daar is verskeie spanne wat in hulle nekhare blaas.
Blue Back Boogie, wat Bowling Stones, een van die borgspanne geklop het, het die tweede plek ingeneem met net twee punte agter die voorlopers.
Angel's het verras deur die derde plek in te neem na 'n goeie oorwinning oor Agterste Speen. Die wedstryde in die eerste ronde is deur 'n loting bepaal, maar van hierdie week se ronde af kom krag teen krag te staan wat beteken dat dit hoe later hoe kwater in die reeks word.
Die klub het deelnemers aan die toernooi uitgenooi om Dinsdagaande 'n paar balle te gaan rol indien hulle bietjie wil opskerp.
Die wedstryde begin vanaand (Donderdag) om 18:00 stiptelik op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark. Alle belangstellendes is welkom om dit gratis by te woon. Die klublede berei ligte etes voor en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
Halfway Toyota se spanlede bou gees vir die wedstryd wat wag. Van links is Kobus van Wyk, Brad Savage, Pieter Burger en Aubin de Jongh. Foto's: Kobus van Wyk
Uitslae:
1 Hot Stuff 15, 2 Blue Back Boogie 13, 3 Angel's 13, 4 Ricoh 12, 5 Supporters 12, 6 Total Gas 12, 7 Vorster Motors 12, 8 Boardware 11, 9 Kommaweer Stoffeerders 11, 10 MDL 11, 11 Disasters 10, 12 KTV 10, 13 Bruwer Reynolds Prokureurs 10, 14 Hereford Group George 10, 15 4 Musketeers 6, 16 Jack's Paint and Hardware 6, 17 Halfway Toyota 6, 18 Mac Dee Hops 6, 19 Just Property 5, 20 JDL Printing 5, 21 Miskruiers 5, 22 Mend a Bath 4, 23 Pik 'n Wyn 4, 24 Odd Balls 4, 25 Shell Kraaibosch 4, 26 Agterste Speen 3, 27 Bowling Stones 3, 28 Roux Prokureurs 1.
Wedstrydlys:
Hot Stuff t Blue Back Boogie; Angels t Ricoh; Supporters t Total Gas; Vorster Motors t Boardware; Kommaweer Stoffeerders t MDL; Disasters t KTV; Bruwer Reynolds Prokureurs t Hereford Group George; 4 Musketeers t Jack's Paint & Hardware; Halfway Toyota t Mac Dee Hops; Just Property t JDL Printing; Miskruiers t Mend a Bath; Pik 'n Wyn t Odd Balls; Shell Kraaibosch t Agterste Speen; Bowling Stones t Roux Prokureurs. Halfway Toyota.
'n Interessante en veelseggende boodskap wat een van die spelers agter op sy hemp aangebring het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'