Volgens die organiseerders van die toernooi, Engela Reinstorf en Des Fouché, is die toernooi aangebied om die genot van hokkie en hokkievaardighede te bevorder. Ilze Boersma, wat van die ouderdom van 15 jaar provinsiaal hokkie speel en 'n SAHA2-hokkieafrigter is, het die afrigtingsessies gelei met die hulp van agt NMMU-studente wat ook hokkiespelers is.
Laerskole wat deelgeneem het, is George Voorbereidingskool, Outeniqua Laerskool, Laerskool Park (Mosselbaai), Milkwood Primary (Knysna), Oakhill (Knysna), George-Suid, Wesbank (Oudtshoorn) en Holy Cross.
Die o.9- en o.10-toernooie het op die Vrydag plaasgevind en is deur ongeveer 244 jong entoesiastiese hokkiespelers bygewoon en self 'n paar lekker wedstryde gespeel het.
Die o.11- en o.12- toernooi is Saterdag aangebied en sowat 272 jong hokkiespelers was betrokke. Kathy Joubert, oudprovinisale hokkiespeler met 20 jaar ondervinding van hokkieafrigting in skole het dit aangebied.
Die doelwagters is afgerig deur Annelie Cable, ervare ouddoelwagter.
Die o.12-toernooi is deur Boersma aangebied en die doelwagters se afrigting is behartig deur Willie Botes, ervare hokkiespeler en sportorganiseerder by Laerskool Outeniqua.
Die organiseerders is dit eens dat die hokkietoernooi nie sou kon plaasvind sonder die ondersteuning van Ters Giliomee van Top Gear Sport, Ilze Boersma, Kathy Joubert, Annelie Cable, NMMU-studente, Willie Botes en Heinrich van Just Water nie.

Marcus Kleynhans van George Voorbereidingskool (9) in aksie tydens die Top Gear Kaasfees-hokkietoernooi. Foto: Melanie Maré