GROOT-BRAK ROLBALNUUS - Groot-Brak se rolbalklub het sy topspelers, wat die onderskeie klubkampioenskappe gewen het, tydens die algemene jaar-vergadering met toekennings beloon.
Een van die klub se vrouespanne het ook die Eden Eersteliga gebuit.
Hulle vorder nou na die Eden Premierliga en sal aanstaande seisoen daar meeding.
Die span is deur Matilda Champaud, Tersia Robertson, Anne-Marie Jonker, René Brand en Lyn Hancke verteenwoordig.
Die klubkampioene is:
- Mansenkels: Hannes Bruwer.
- Damesenkels: Tersia Robertson.
- Manspare: Hannes Bruwer en Danie le Grange.
- Damespare: Rene Brand en Annatjie Vorster.
- Gemengde pare: André Lombard en Tersia Robertson.
- Geslote driesel: Christo Brand, Eugenie Potgieter en Tersia Robertson.
- Gemengde driespel: Dilene du Preez, Dries Kruger en Margie Potgieter.
- Gemengde vierspel: Christo Kuhn, Ria Louw, Hannes Bruwer en Deon Louw.
Die driespelkampioene is van links: Dilene du Preez, Dries Kruger, Margie Potgieter, Christo Brand, Eugenie Potgieter en Tersia Robertson.
Die klubkampioene is van links: René Brand, Annatjie Vorster, André Lombard, Tersia Robertson, Hannes Bruwer en Danie le Grange.
Die wenners van die Eden Eersteliga-dameskompetisie is van links: Matilda Champaud, Tersia Robertson, Anne-Marie Jonker, René Brand en Lyn Hancke.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'