TUINROETE NUUS - Die 30ste Highgate interprovinsiale tweekampbyeenkoms wat die afgelope naweek by die De Jager-sportkompleks en NA Smit-swembad op Oudtshoorn plaasgevind het was 'n reusesukses.
Altesaam 435 atlete van sewe provinsies het deelgeneem.
Eden-streek kon daarin slaag om 14 medaljewenners op te lewer. Boonop is dié streek se Benjamin Bond as junior victor ludorum aangewys. Hoërskool Outeniqua het die goue medalje in die Hoërskole-afdeling gewen met Laerskool George-Suid wat die silwermedalje in die Laerskole-toernooi ingepalm het.
In die spankompetisie het Boland vanjaar die bordjies verhang en WP in die tweede plek ingedruk met Eden in die derde plek gevolg deur OP, GW, Grens en SFS.
Die SA kampioenskappe vind vanjaar op 1 en 2 April in Gqeberha plaas.
Die Eden-tweekampspan.
Eden se medaljewenners
- o .8 seuns - Rudolf Smith (brons)
- o. 9 meisies - Annebel van der Merwe (goud)
- o. 9 seuns - Benjamin Bond (goud)
- o. 11 seuns - Caleb Coates (brons)
- o. 13 meisies - Arabelle Grutter (silwer)
- o. 13 seuns - Johannes Brink (brons)
- o. 19 meisies - Petro-Marié Fourie (silwer)
Junior mans - Hendrik Visser (silwer)
- Meesters 40+ vroue - Esrie Bezuidenhout (silwer)
- Meesters 60+ mans - Johan Windt (goud)
- Meesters 70+ vroue - Marilyn Orrie (goud)
- Meesters 70+ mans - Mike McDonald (silwer)
Victor en victrix ludorum
- Junior victor ludorum - Benjamin Bond (Eden)
- Junior victrix ludorum - Simone van der Merwe (WP)
- Senior victor ludorum - Garith Haarhoff (Boland)
- Senior victrix ludorum - Ilse Beukman (Boland).
Johan Windt van Mosselbaai (Eden) het goud verwerf.
Annebel van der Merwe (7), graad 2-leerder aan George-Suid het goud verower vir die dogters o.9.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'