Gallery
GEORGE NUUS - Sowat 250 bergfietsryers het Saterdag 24 Februarie aan ‘n modderbelaaide, nat Oubos-bergfietswedren in Blanco deelgeneem.
Alhoewel gure weer sommiges in hul huise gevangene gehou het, was dit nie genoeg om dié kranige fietsryers te hok nie.
Hierdie bergfietsresies is 'n tradisie wat vir meer as 20 jaar al deur die ouers, onderwysers en leerders van Laerskool Blanco aangebied word.
Die roetes neem die deelnemers deur die pragtige natuurskoon van die omringende berge en op paadjies deur privaat plase wat slegs vir dié resies beskikbaar gestel word.
Om almal te akkommodeer, is daar afstande van 10 km, 25 km, 50 km en 75 km by die bergfietsresies.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'