SWEMNUUS - Een van die grootste swembyeenkomste in baie jare vind aanstaande week by die Conville-swembad in George plaas. Altesaam 653 swemmers gaan deelneem aan die Freda Barnard-gala.
Dit vind op 7, 8 en 9 Oktober plaas. Die gala begin om 06:30 en hou aan tot 21:30 Vrydag en Saterdag. Dit maak Sondag om ongeveer 16:30 klaar.
Tarita Pollicutte, sameroeper van die Eden Aquatics Swemraad, het Dinsdag gesê swemmers kom vanoor die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en plaaslik.
Hul ouderdomme wissel tussen 8 en 42 jaar en daar gaan in alle afdelings meegeding word.
Die geleentheid is die afgelope 40 jaar in Oudtshoorn aangebied. Vanjaar is die 41ste keer en dit is die eerste keer dat dit in George sal plaasvind. "Dit is 'n groot voorreg dat dit hier in George kan plaasvind," het Pollicutte gesê.
Van George se swemmers tydens 'n gala in Gqeberha.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'