Gallery
GEORGE NUUS - Herold SUB-GPF het op Saterdag 16 Junie hul negende sportdag ter viering van Jeugdag aangebied. Die tema was, loopbane, en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), departement van maatskaplike ontwikkeling (DSD), korrektiewe dienste en die brandweer het inligting verskaf oor loopbane.
Die sportdag is gehou op Meulrivier plaas naby Noll. Die opening en verwelkoming is gedoen deur ds. Gert Nothnagel waarna die vlag gehys is deur Estee Quinch (Plettenberg Crags-peloton) en konst. Wilson Jantjies.
Plettenberg Crags-peloton het 'n pragtige vertoning gelewer en Jonathan (Jonty) Martin van Heartbeat FM het as seremoniemeester en motiveringspreker opgetree. Hy het getuig oor hoe die Here sy lewe verander het van verslaafde na omroeper, sanger, danser en motiveringspreker. Hy het die jongmense aangemoedig om die regte pad te stap. Generaal-majoor Oswald Reddy het die Herold-polisie bedank vir die werk wat hulle in die landelike gebied doen asook die boere wat handevat om 'n verskil in die jongmense se lewens te maak.
Wilton Oktober en Hazel Mbane van George-brandweer het meer inligting verskaf oor brande en hoe om dit aan te meld asook die vereistes waaraan voldoen moet word om 'n brandweerman te wees. 'n Sangitem deur Maxwell Matiwa is ook gelewer.
Sokker, rugby, netbal, 'n 5 km-pretloop, toutrek en boeresport was deel van die dag se bedrywighede en die jongspan het die gesigverf baie geniet.
Van die sprekers en rolspelers betrokke by die dag. Voor: Konst. Elizabeth Ngobeni. Agter: Jonathan Martin (Heartbeat FM), generaal-majoor Oswald Reddy, ds. Gert Meiring (voorsitter Herold GPF), Maxwell Matiwana (sanger), Gert Joubert (Meulrivier), sers. Angela Meiring. Kol. Michael Taylor (agter sers. Meiring), sers. Wendy Lee, Ivin Jordaan (korrektiewe dienste), Wilton Oktober (George-brandweer), Hazel Mbane (George-brandweer), ao. O Baron Farmer (Herold-polisie).
Herold SUB-GPF wil graag die volgende borge bedank, Lions, Korrektiewe dienste, departement van maatskaplike ontwikkeling, Coca-Cola, Target Brand, Agri Herold-landbouvereniging, Agri Bo-Kammanassie-landbouvereniging, Thusong-gemeenskapsentrum, George-munisipaliteit, Gert Joubert - Du Toit Meulrivier en George-nooddienste.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'