GEORGE NUUS - 'n Groot eer het 'n plaaslike deelnemer aan skopboks, Kaydie-Lee Raubenheimer, te beurt geval.
Sy is gekies om Suid-Afrika in dié sport by die Turkse Ope wat in April plaasvind te verteenwoordig.
Die 16-jarige Raubenheimer is 'n gr. 11-leerling van HTS Eden. Sy neem vanaf 15-jarige ouderdom aan die sport deel.
Sy is baie opgewonde oor die vooruitsig om Suid-Afrika in die buiteland te gaan verteenwoordig. Om die nodige fondse te bekom is egter 'n groot uitdaging en in die stadium word geld ingesamel. Sy benodig R45 000.
Sy is vol vertroue dat sy al die nodige geld bymekaar gaan kry om wel te gaan deelneem. Volgens haar is dit vir haar 'n groot eer om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig.
Sy hou baie van die sport. "Dit is wel gevaarlik, maar ons word goed afgerig."
Sy wou dit doen. "Toe ek daarmee begin het, het ek gesien ek het 'n passie daarvoor."
Een van haar mikpunte is om Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in 2028 te gaan verteenwoordig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’