TUINROETE ROLBALNUUS - Groot-Brak-rolbalklub se bulspan het vanjaar die titel tydens die gewilde jaarlikse mans driespeltoernooi gewen.
Die dag het vanjaar altesaam 20 spanne gelok wat klubs vanaf Plettenbergbaai, Mosselbaai, Vista, Hartenbos, George, Outeniqua en Oudtshoorn verteenwoordig.
Die besondere warm weersomstandig-hede was ideaal vir rolbal en die drankies uit die yskas moes die kele klam hou.
Suzuki en Apex Woodworld was vanjaar die borge en het gesorg vir pryse wat as motivering vir die spelers gedien het.
Die wenspan van Groot-Brak-rolbalklub se lede was Ashley Kreuspe, Hannes Bruwer en Dirk Breedt. Outeniqua-rolbalklub se span bestaande uit Barry Connallan, Danny Weekes en Johan van Aswegen was die naaswenners. Nog 'n span van Groot-Brakrivier met Johan Pretorius, Floris Brand en Danie le Grange het die derde prys gewen.
Die span van Groot-Brak-rolbalklub wat die derde plek ingepalm het, is van links: Johan Pretorius, Floris Brand en Danie le Grange.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'