GEORGE MUURBAL-NUUS - Die afsluiting van die Halfway Toyota Muurbal-superliga is verlede Vrydagaand by die George-muurbalklub gehou.
'n Hoogtepunt van die aand was 'n vertoonwedstryd wat tussen die broers, Lawrence en John Kuhn, twee Suid-Afrika se belowendste muurbalspelers, gespeel is. Die twee broers het 'n volgepakte pawiljoen met hul talent en goeie gesindheid teenoor mekaar beïndruk.
Groot-Brakrivier het vanjaar die liga gewen. Die liga het vanjaar 'n unieke formaat aangeneem deurdat spelers van verskillende sterktes saam in een span kon deelneem.
André Jonck, voorsitter van Eden-muurbal, het die Superliga, wat 18 spanne uit Eden gelok het, as baie suksesvol beskryf.
Hy het Halfway Toyota, die hoofborg, uitgesonder en bedank vir hul finansiële ondersteuning om die liga moontlik te maak.
Groot-Brakrivier het vanjaar Halfway Toyota se muurbal-superliga gewen. Die ligawenners en borge van links is: Jacques du Plessis (Halfway Toyota), Dave Peacock (Knysna; tweede plek), Groot-Brakrivier se span van Brendon Lotter, Lloyd Landsberg, Helix Heyman, George Self en Shawne Robertson en Hampie Nieuwoudt (Halfway Toyota).
Eden-muurbal het verlede Vrydagaand by die George-muurbalklub spesiaal hulde gebring aan hul hoofborg, Halfway Toyota, by die afsluiting van die muurbal-superliga. Van links: André Jonck (president: Eden-muurbal), Mark en Anthea Jones (Halfway Toyota ), Hampie Nieuwoudt en Jacques du Plessis (albei Halfway Toyota). Foto's: Deidre Cloete
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'