Om met hierdie toekenning weg te stap moes hy 18 ander renjaers ore aansit.
Hy was verlede jaar ook die wenner van sy klas in die Kampioene van Kampioene wedrenbyeenkoms op George. Tydens die byeenkoms is hy ook aangewys as die beste drywer van die dag.
Muller gaan op 7 April poog om nog 'n titel in te palm tydens die juniors se Kampioene van Kampioene-byeenkoms op George. Muller het na afloop van sy oorwinning gesê dat dit danksy sy borge is dat hy gereeld kan deelneem en die sukses behaal wat nou na sy kant toe kom.
.jpg)
Die vuurwa waarmee Christiaan Muller soveel sukses op die renbaan behaal.