SPORT NUUS - Plaaslike sportskuts se vaardighede is behoorlik getoets by die George-sportskietklub (GSSC) se tweede jaarlikse kampioenskappe.
Die geleentheid is suksesvol op Saterdag 10 Okctober by die skietbaan op die R102 aangebied. Akkuraatheid, spoed en skietvaardighede is behoorlik getoets aangesien die kampioenskap volgens die eerste-poging-skietbeginsel (cold shoot principle) aangebied.
Dit beteken dat daar geen vooraf oefengeleentheid of kans is om voor die aanvang van die kompetisie in te skiet nie. Deelnemers moet hul vuurwapens ken en op die dag op hul eie vaardighede staatmaak.
Elke skut kry net een kans om die verskillende skietscenario’s aan te pak. Die eerste poging bepaal dus die finale telling, wat die kompetisie ’n besondere toets van konsentrasie, akkuraatheid en spoed maak.
Die kompetisie was sterk en die gees onder die deelnemers uitstekend.
Die dag se skietaktiwiteite het .22-randslaggewere, senterslaggewere, handwapens en haelgewere ingesluit.
Die wenners in die verskillende afdelings was:
.22-randslaggewere:
Paul van Gass (eerste), Jacques du Plooy (tweede) en Johan Klopper (derde).
Senterslaggewere:
Eddy Stonehouse (eerste), Anjo Venter (tweede) en Hertzog Theron (derde).
Handwapens:
Anton Meyer (eerste), Nico Coetzee (tweede) en Ludwig Roets (derde).
Haelgewere:
Ockert du Plessis (eerste), Anton Meyer (tweede) en Nico Coetzee (derde).
Toekennings en medaljes sal tydens die klub se algemene jaarvergadering op 14 November aan die wenners oorhandig word.
Die GSSC-kampioenskappe is vanjaar vir die tweede keer aangebied en die klub sien uit na die 2027-kampioenskap wat beloof om nog meer pret en aksie te bied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’