GEORGE NUUS - Die George-posduifklub het hulle klubkampioene tydens 'n suksesvolle prysuitdeling op Saterdag 13 Januarie bekroon vir hul harde werk.
Leon van Rooyen het toekennings ontvang as die klubkampioen in beide die enkel- en volpuntstelsel.
William Greenen (van Lady Kate Loft-hokke) was die naaswenner terwyl Tobie Ellis in die derde plek geëindig het.
Die funksie is afgesluit met die jaarlikse jongduifveiling wat op sigself 'n reusesukses was.
Die hoogtepunt van die aand was toe die klub hulde gebring het aan Harm Venter, 'n ou veteraan in die duiwesport wat respek afdwing.
As 'n blyk van waardering vir sy menswees het die klub 'n geskenk aan hom oorhandig wat in sy kantoor sal staan as getuienis van die eerbied van die ander klublede.
Die 2018-wedvlugseisoen begin die eerste naweek in Junie en almal sien uit na 'n opwindende jaar wat voorlê.
Met twee nuwe lede by gaan die kompetisie nog sterker wees.
Klubvoorsitter Leon van Rooyen (regs) oorhandig 'n geskenk van waardering aan Harm Venter.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'