GEORGE MUURBALNUUS - Groot opgewondenheid heers in plaaslike muurbalkringe met die nuus dat die George-muurbalklub sy 50ste bestaansjaar op Saterdag 13 Oktober op luisterryke wyse gaan vier.
Die dag beloof om 'n wonderlike samekoms te wees met bestaande sowel as oudklublede wat gaan saamtrek om dié mylpaal te vier en oor die klub se ryke geskiedenis en tradisie te besin.
Die dag is ook so geskeduleer dat dit saamval met die klub se vroue- en mansmuurbaleindstryd.
'n Heerlike spitbraai sal ook na die tyd gehou word.
Alle bestaande sowel as oudlede word aangemoedig om hierdie datum solank neer te pen en seker te maak dat hulle nie hierdie baie spesiale geleentheid misloop nie.
Rig enige navrae aan Riaan Potgieter by 082 789 6565.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'