GEORGE NUUS - Die gewilde Cairo to Cape geleentheid wat môre, Saterdag 17 Desember, sou plaasvind is tot Sondag uitgestel.
Dit is gedoen ter wille van deelnemers se veiligheid omdat swaar reën en storms in die volgende paar ure kan val en plaasvind.
Deelnemers sal in twee wedlope, 8km en 21 km deelneem by een van die bekendste toerismebakens in die Suid-Kaap, Kaart van Afrika (Map of Africa).
Die geleentheid is verlede jaar die eerste keer met groot sukses aangebied.
Alewijn Dippenaar, organiseerder van die geleentheid, het kort gelede aan George Herald gesê die deelnemers is nie bang vir die weer. Hou egter in gedagte sowat 60% van die wedlope vind in woude plaas.
Daar is kommer dat van die boomtakke kan afbreek as gevolg van die reën as dit môre sou plaasvind.
Hy het benadruk alles is in plek vir Sondag se geleentheid. Sowat 120 atlete het ingeskryf en dit sal om 8:00 begin.
Na verwagting sal die eerste atlete die 8km in 'n uur voltooi.
Atlete aan die 21 km sal die wedloop waarskynlik tussen twee en drie ure voltooi. Elkeen wat die onderskeie wedlope voltooi sal 'n medalje ontvang.
Die foto's is Vrydag geneem.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'