GEORGE NUUS - Alhoewel die 28 spanne in die Love for Vintage en Kommaweer Stoffeerders Somerliga vir besigheidspanne, wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied word, slaggereed was vir die openingsronde, het die eendeweer anders besluit en moes dit uitgestel word na Donderdag, 2 November.
Die nuwelinge in die reeks sluit spanne soos Hot Stuff, Affluence Capital, Disasters, Fireballs, JDL Printing en Vorster Motors in.
Behalwe die ervare spanne wat in die Lenteliga ook in aksie was, is daar 'n paar ou bekendes soos Bushwackers en Chanel Doggy Parlour wat ook weer in aksie sal wees. Kirsten & Tulleken Vervoer (KTV) wat die vorige reeks gewen het, is weer teenwoordig om hul titel te verdedig. Hulle kom in hul eerste wedstryd in die reeks teen die nuwelinge, Fireballs, te staan.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpark, met die prystrekking wat om 20:00 volg.
Alle belangstellendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon. Die klublede berei ligte etes en 'n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Wedstrydlys:
Aces High t 4 Musketeers; Angels t Hot Stuff; Affluence Capital t Conti Kitchens; Boardware t Bowling Stones; Bruwer Reynolds Prokureurs t Bushwackers; Butterbowls t Butz & Gutz; Chanel Doggy Parlour t Mend a Bath; Conti Granite t Disasters; Fireballs t KTV; JDL Printing t Just Property; Kommaweer Stoffeerders t Seaman's Renault; Matopa Plumbers t Vorster Motors; Ricoh t Scubbe; The Privates t Supporters.
ARTIKEL: JANNIE MEYER, GEORGE HERALD KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'