GEORGE NUUS - Altesame 18 van die 41 atlete van Eden aan die Wes-Kaap-vyfkampkampioenskappe in die Paarl deelgeneem het, het medaljes verower.
Die medaljewenners was:
Goud:
Ulene Visser (meestervroue 40+), Neytwin Lamini (junior mans), Johan Windt (meestermans 60+), Greens Groenewald (meestermans 40+), Linelle Groenewald (meestervroue senior), Kerri O'Loughin (gestremde).
Silwer:
Stef Schoeman (o.15), AC Kleynhans (o.19), Marno Theunissen (junior mans), Zhané Vorster (junior vroue), Whayn Windwaai (senior mans), Jacobus Scholtz (meestermans 50+) en Debbie Strydom (meeestervroue 40+).
Brons:
Hanko Scholtz (o.11), Hendrik Visser (o.19), Davon Prins (junior mans), Zanelle Vorster (junior vroue) en Leslie Abrahams (meester 60+).
By Val de Vie in die Paarl het 28 van Eden-moderne vyfkamp (MPA) MPA se atlete, waaronder die gestremde Kerri O'Loughin, aan die SA kampioenskappe deelneem.
Eden-moderne vyfkamp het by Santosstrand in Mosselbaai hul vyfkampkampioenskappe gehou waarna die span aangewys is om Eden van 26 tot 27 Mei in Bredasdorp by die Wes-Kaapse kampioenskappe te verteenwoordig.
Atlete van Eden se moderne vyfkampspan staan hier trots by die gestremde atleet, Kerri O'Loughin, wat 'n goue medalje in die Paarl by die SA vyfkampkampioenskappe verower het.
Die span is: Debbie Strydom, André Kleynhans, Carla Botha, Deon Borrett, Estiaan van der Westhuizen, Jade Borrett, James Bellew, Jenna Borrett, Johan Windt, Leanne Viljoen, Llewellyn Viljoen, Madelein Windt, Marcus Kleynhans, Megan van der Westhuizen, Samantha Bellew, Sonja Steyn, Stef Schoeman, Tertius Steyn, Zanelle Vorster, Zhané Vorster.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'