GEORGE NUUS - Johan Windt (meester 60+) is 'n Eden-vyfkampatleet wat op pad is na Duitsland om te gaan deelneem aan die tweekamp- en driekampwêreldkampioenskap wat vanaf 25 tot 29 Augustus gaan plaasvind.
Johan Windt is een van die atlete wat uitgenooi is om te gaan deelneem om ook so sy titel te verdedig.
Tweekamp is 'n sport waar swem met hardloop gekombineer word terwyl driekamp 'n kombinasie is van swem, hardloop en skiet met laser simulator na 'n teiken.
Baie sterkte word hom toegewens!
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'