TUINROETE NUUS - Die afgelope naweek (Sondag 15 Mei) het 68 atlete aan Eden-tweekampkampioenskap te Groot-Brak deelgeneem.
Tweekamp is die winter been van driekamp, waartydens die swem met hardloop vervang word.
Die wedloop begin dan met hardloop waarna die atlete dan op hul fietse klim en eindig met 'n finale hardloop. Elke afdeling het sy eie afstande.
Die Eden-tweekampspan word eersdaags aangekondig, wat die streek by die SA tweekampkampioenskap te Gqeberha op 3 Julie sal verteenwoordig.
Die podiumuitslae was as volg:
Super naelren (super sprint)
(2.5km-hardloop, 10 km-fietsry, 1.2 km-hardloop):
Mans/seuns:
1. Rainart Heinz Behrens,
2. Lian Otto,
3. Cuan Marshall Wildeman
Vroue/dogters:
1. Marilie Duvenage,
2. Annabelle McEwan,
3. Mia Botha Naelren (sprint)
(5 km-hardloop, 20 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):
Mans:
1. Sebastian Swart,
2. Jaco Karg,
3. Theo Otto
Vroue:
1. Esrie Loock-Bezuidenhout,
2. Kirtsy Weir,
3. Liezl Scott
Standaardafstand
(10 km-hardloop, 40 km-fietsry en 5 km-hardloop):
Mans:
1. Mxoleli Tabata.
2. Bonga Nkqintiza,
3. Dehan Nagel
Vroue:
1. Mellusca Toovey,
2. Beverly Baker,
3. Melissa van Rensburg
Verwante artikels:
- Eden MPA-atlete presteer by WK-driekampkampioenskap
- Eden MPA-atlete presteer by Laser Run-kampioenskap
- 12 atlete presteer by Wes-Kaapse tweekampkampioenskap
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'