Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Eden-skopboksfederasie het Saterdag 28 Oktober hul jaarlikse prysuitdeling by Ponto Restaurant in George gehou waar die uitblinkers vir hul harde werk en prestasies die afgelope jaar vereer is.
Desmond Speelman van die Eden-sportraad, wat ook die funksie bygewoon het, het gesê dat dit was vir hom 'n fantastiese funksie. "Dit is vir my verblydend om te sien hoeveel goeie skopboksprestasies uit ons streek kom. Nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal.
Ek wil vir hierdie wenners baie geluk sê en dat hulle moet voorgaan om Eden-skopboks se naam die wêreld in te dra."
Sors Grobbelaar, president van die Eden-skopboksfederasie, sê dat dit vir hom fantasties is dat die Eden-sportraad en 'n verteenwoordiger van die departement kultuur en sport teenwoordig was by die funksie. "Ek wil ook die atlete, administrateurs, ouers en metgeselle wat deur die jaar baie opofferings maak, bedank."
Kyk 'n video hieronder.
Die pryswenners gedurende die Eden-skopboksfederasie se jaarlikse prysuitdeling. Foto: Wessel van Heerden
ARTIKEL VIDEO EN FOTO'S: WESSEL VAN HEERDEN, GEORGE HERALD
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'