GEORGE ROLBAL-NUUS - Die Eden Loeries-rolbalspan vir opkomende spelers, wat die Boland Kuipers vir die eerste keer sedert 2002 oortuigend met 106-74 geklop het, het bevestig dat daar tans baie rolbal-diepte in die Eden-distrik is.
Beide die mans- en vrouespanne het teen die Bolanders en verskeie ander interprovinsiale kompetisies in die jongste tyd bewys dat Eden-rolbal tans met die bestes in die land kan kers vashou en veral 'n stewige groep talentvolle opkomende spelers het waarvan sommige nog bloedjonk is.
Die spelers in die twee spanne het baie klubs in die streek verteenwoordig met Outeniqua-rolbalklub wat met nege lede die meeste spelers opgelewer het.
Die Eden Loeries se vrouespan is verteenwoordig deur agter, van links: Bronwym Jumat, Desi Geldenhuys, Christel Griebenauw, Marlene Johnson en Justine Eaglestone. Voor: Riana van Eeden, Ansie Olivier, Sharon Short, Lorraine van Vollenstee, Jenny Sinclair (spanbestuurder), Charlene Steyn en Charlotte Fernhout.
Die lede van die Eden Loeries se mansspan is agter, van links: Wayne Ridden, Francois Lamprecht, Kurt Steyn, Jacques Barnard, Leighton Prins, Terrence Wilson (spanbestuurder), John Young en Luke Huggell. Voor: Willem Fick, Elroy Booysen, Willem Rooy, Alhan van der Merwe en Ynolan Issacs.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'