GEORGE NUUS - Die Eden Ope-skaaktoernooi het die afgelope naweek, 22 tot 24 April, by die Pacaltsdorp-gemeenskapsaal plaasgevind. 'n Totaal van 86 spelers, sommige van so ver as Kaapstad en Oos-Londen, het aan die toernooi deelgeneem.
Daar was verskeie naelbytstryde met spelers wat tot in die laaste rondte mekaar sterk uitgedaag het.
Die uitslae was as volg:
A-afdeling
1. Keegan Campher 2. Minenhle Junior Mncwabe 3. George Swart
B-afdeling
1. Gabriel Swartbooi
2. Michael Sweetbert
3. Aiden Jacobs
C-afdeling
1. Eugeniel Jacobs
2. Pearson van Staden
3. Eddie Prins
Die Eden-skaakbestuur bedank almal wat die toernooi bygewoon het asook almal wat ondersteuning gegee het om van die toernooi 'n sukses te kon maak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'